Wat sê die Bybel oor die oorsprong van Halloween? (2025)

Wat is die oorsprong van Halloween?

Die Bybel se antwoord

Die Bybel praat nie van Halloween, of Allerheiligeaand, nie. Dit is ’n vakansiedag wat baie mense elke jaar op 31 Oktober vier. Maar die eertydse oorsprong en tradisies van Halloween bots met wat die Bybel leer.

In hierdie artikel

  • Halloween se geskiedenis en tradisies

  • Maak dit saak waar Halloween vandaan kom?

  • Hoekom word dit Halloween genoem?

Halloween se geskiedenis en tradisies

  • Samhain: Volgens The World Book Encyclopedia kom Halloween van hierdie “ou heidense fees wat 2 000 jaar gelede deur die Keltiese volk gevier was. Die Kelte het geglo dat die dooies gedurende hierdie tyd tussen die lewendes kon wees. Gedurende Samhein kon die lewendes die dooies besoek.” – Sien “Hoekom word dit Halloween genoem?

  • Kostuums, lekkers en “trick or treat” op Halloween: Volgens een bron het party van die Kelte monsteragtige kostuums gedra sodat geeste wat ronddwaal, “sou dink dat hulle ook ’n gees is” en hulle sou uitlos. Ander het vir die geeste lekkers aangebied sodat die geeste nie kwaad word en mense seermaak nie.a

    In Middeleeuse Europa het die Katolieke geestelikes plaaslike heidense gebruike aangeneem en hulle lidmate in kostuums van huis tot huis laat gaan om vir geskenkies te vra.

  • Spoke, vampiere, weerwolwe, hekse en zombies: Hierdie dinge word al lank met die bose geestewêreld geassosieer. Die boek Halloween Trivia verwys na hulle as “bonatuurlike monsters” en sê dat sulke dinge “verbind word met die dood, die dooies of vrees vir die dood”.

  • Pampoenlanterns op Halloween: In Middeleeuse Brittanje het mense “van deur tot deur gegaan en kos gevra in ruil vir ’n gebed vir die dooies”, en hulle het “rape gedra wat uitgehol is. ’n Kers is in elke raap gesit, en dit het ’n siel verteenwoordig wat in die vaevuur vasgevang is” (Halloween—From Pagan Ritual to Party Night). Party bronne sê dat die lanterns gebruik is om bose geeste weg te hou. Gedurende die 1800’s in Noord-Amerika is rape met pampoene vervang omdat dit volop was. Dit was ook makliker om uit te hol en te kerf.

Maak dit saak waar Halloween vandaan kom?

Ja. Party mense dink dat Halloween net ’n lekker viering is wat niemand seermaak nie. Maar die dinge wat mense doen om Halloween te vier, gaan teen wat die Bybel sê. Halloween is gebaseer op valse leringe omtrent die dooies en onsigbare geeste, of demone.

Kyk na die volgende verse wat wys hoe God voel oor die leringe wat aan Halloween gekoppel is:

  • “Daar mag nooit iemand onder julle wees wat . . . spoke of geeste raadpleeg of die dooies oproep nie.” – Deuteronomium 18:10-12, The Jerusalem Bible.

    Betekenis: God keur dit nie goed wanneer iemand probeer om kontak te maak met die dooies of selfs net voorgee dat hulle probeer om met die dooies te kommunikeer nie.

  • “Die dooies weet absoluut niks nie.” – Prediker 9:5.

    Betekenis: Omdat die dooies van niks bewus is nie, kan hulle nie met die lewendes kommunikeer nie.

  • “[Moenie] deelgenote met demone ... wees nie. Julle kan nie die beker van die Here en ook die beker van demone drink nie.” – 1 Korintiërs 10:20, 21, New International Version.

    Betekenis: Dié wat God se goedkeuring wil geniet, moet niks met demone te doen hê nie.

  • ‘Staan vas teen die slinkse planne van die Duiwel, want ons het ’n stryd teen die bose geesmagte.’ – Efesiërs 6:11, 12.

    Betekenis: Christene moet niks met bose geeste te doen hê nie, en moet ook nie maak asof hulle saam met die bose geeste feesvier nie.

a Sien die boek Halloween: An American Holiday, an American History, bladsy4.

Verwante onderwerpe

Vakansiedae en vierings Antwoorde op Bybelvrae

Jy sal dalk ook hiervan hou

ALGEMENE VRAE

Hoekom vier Jehovah se Getuies nie sekere vakansiedae nie?

Kyk na vier belangrike vrae oor Jehovah se Getuies en vakansiedae.

ONTWAAK!

Die waarheid oor Allerheiligeaand

Vind uit wat die bose oorsprong van Allerheiligeaand (Halloween) en soortgelyke vierings is.

ANTWOORDE OP BYBELVRAE

Bestaan demone werklik?

Wat is demone? Waar kom hulle vandaan?

JONGMENSE VRA

Is die okkulte net onskadelike pret?

Baie het begin belangstel in astrologie, vampiere, towery en zombies. Is daar enige gevare waarvan jy bewus moet wees?

BELANGRIKE BYBELLERINGE

Wat is die toestand van die dooies?

Die Bybel belowe dat daar ’n tyd sal wees wanneer baie mense, net soos Lasarus, uit die dood opgewek sal word.

BYBELLERINGE

Probeer ons Bybelstudieprogram

Studeer die Bybel gratis met ’n persoonlike onderrigter.

Wat sê die Bybel oor die oorsprong van Halloween? (2025)

References

Top Articles
Latest Posts
Recommended Articles
Article information

Author: Virgilio Hermann JD

Last Updated:

Views: 6290

Rating: 4 / 5 (41 voted)

Reviews: 88% of readers found this page helpful

Author information

Name: Virgilio Hermann JD

Birthday: 1997-12-21

Address: 6946 Schoen Cove, Sipesshire, MO 55944

Phone: +3763365785260

Job: Accounting Engineer

Hobby: Web surfing, Rafting, Dowsing, Stand-up comedy, Ghost hunting, Swimming, Amateur radio

Introduction: My name is Virgilio Hermann JD, I am a fine, gifted, beautiful, encouraging, kind, talented, zealous person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.